
Deur hierdie wyne te koop dra jy by tot die MOS Beursfonds
Die MOS Beursfonds het ten doel om behoeftige leerders toegang tot kwaliteit, Afrikaanse onderrig te bied - ongeag geslag, ras of gemeenskap.
Dis MOS Wyn: Winkel
-
Sold out
Ware Jakob Rouge
Regular price R 1,500Regular price6 bottle case(R 250 / bottle)Unit price perSold out -
Sold out
Geen Haas Sauvignon Blanc 2022
Regular price R 599Regular price6 bottle case(R 100 / bottle)Unit price perSold out -
Sold out
Geen Haas Rooi Versnit 2020
Regular price R 599Regular price6 bottle case(R 100 / bottle)Unit price perSold out
Die naam Die MOS Inisiatief verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole-beweging. MOS verwys ook na die mosplantjie wat orals groei en met min vogtigheid floreer. Natuurlik vorm MOS ook ’n integrale deel van die wynmaakproses – wat een van Suid-Afrika se trotse uitvoerprodukte is. Benewens hierdie simboliek, word die naam MOS ook lekker geassosieer met die unieke Afrikaanse woordjie “mos”. Soos in: Dis mos slim!
WIE IS ONS ?
Die MOS Inisiatief is ’n privaat maatskappy wat deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) gestig is met die doel om ’n Afrikaanse skolenetwerk daar te stel om uitmuntende onderrig in Afrikaans te verseker en uit te bou.
HOEKOM BESTAAN ONS?
Om in Afrikaans ‘n innoverende, inklusiewe, toeganklike, volhoubare en toekomsgerigte leerstelsel te bou, waar kinders so verlief raak op leer dat hulle lewenslange leerders sal wees en verby die 4de nywerheidsrewolusie sal floreer.
HOE GROEI ONS ?
MOS skep 'n netwerk van volhoubare, enkelmedium, onafhanklike Afrikaanse skole wat regoor Suid-Afrika bedryf sal word – oop vir almal, bekostigbaar en met hoë standaarde en innoverende leer. Hierdie skole sal preprimêre, primêre, en sekondêre fases insluit. MOS se fokus lê dus dáár waar voldoende Afrikaanse skole met kwaliteit onderrig ontbreek.



